Aboesir

Aboesir
Neferirkare se piramide by Aboesir.
Neferirkare se piramide by Aboesir.
Koördinate 29°54′N 31°12′O / 29.900°N 31.200°O / 29.900; 31.200
Plaaslike naam  ابو صير
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodeakker
Geskiedenis
Tydperk 5de Dinastie (Ou Ryk)
Uitgrawings Sedert 1976
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 86
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Memphis and its Necropolis – the Pyramid Fields from Giza to Dahshur
* Naam soos op die Wêrelderfenislys
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Aboesir (Arabies: ابو صير) is ’n groot begrafnisterrein in Egipte wat gedien het as dodeakker vir die Antieke Egiptiese hoofstad Memphis. Dit is naby Kaïro geleë en is ook die naam van die dorp in die Nylvallei van waar die terrein sy naam kry.

Aboesir is net ’n klein deel van ’n groot gebied vol piramides wat strek van Giza tot by Dahsjoer en ook Saqqara insluit. Dit het gewild geraak onder die farao's van die 5de Dinastie nadat die terrein by Giza "vol" was van die enorme piramides en ander grafmonumente van die konings van die 4de Dinastie.

By Aboesir is die grootste voorrade papirusse nog uit die Ou Ryk, die Aboesir-papirusse, ook ontdek. Die eerste vonds was in die 19de eeu in die dodetempel van koning Neferirkare, en die tweede in die 20ste eeu in die komplekse van Neferefre en sy ma, koningin Chentkaoes II.

Die Tsjeggiese Instituut van Egiptologie in Praag doen sedert 1976 uitgrawings by Aboesir.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search